Ezra 9:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) HERE, God van Israel, U is regverdig, want ons het nog ontvlug, soos dit vandag is; kyk, ons is voor U in ons oortredinge, want daarom kan ons nie voor U standhou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 O Here, God van Israel, U is regverdig! Vandag is ons niks anders as ’n ontsnapte oorblyfsel wat voor U staan nie. Eintlik durf nie een van ons in u teenwoordigheid kom staan as gevolg van ons skuld nie.”
Afrikaans 1933/1953 HERE, God van Israel, U is regverdig; want ons het as vrygeraaktes oorgebly soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld voor u aangesig, want niemand kan om sulke dinge voor u aangesig bestaan nie.
Afrikaans 1983 “Here God van Israel, U is regverdig. U het die klompie van ons laat vrykom, so soos dit vandag is. Hier is ons voor U met ons oortredings, maar so kan niemand voor U staan nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, God van Israel, U is regverdig, en tog het U ons laat oorbly as mense wat vry geraak het, soos dit vandag is. Hier is ons voor U met ons skuld, omdat niemand hieroor voor U kan bly staan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar, Here, God van Israel, U is die God wat reg doen. Ons het aangehou lewe, ons het vry weggekom. Hier is ons nou voor U, ons het sonde gedoen. En omdat ons sonde gedoen het, kan niemand voor U bly staan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Here, God van Israel, U is regverdig. U was baie genadig om die klompie van ons tot vandag toe te laat oorbly. Maar, Here, ons is skuldig. Eintlik kan niemand van ons dit waag om nog voor U te kom ná dit wat ons gedoen het nie.”