Ezra 9:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moet ons weer u gebooie verbreek en saam met die mense van hierdie gruwels aansluit? sou U nie op ons toornig word totdat U ons verteer het, sodat daar geen oorblyfsel of ontvlugting sou wees nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar ons verbreek al weer u bevele met ons ondertrouery met mense wat hierdie afstootlike dinge doen. U gaan ons sekerlik in u woede vernietig sodat selfs hierdie oorblyfsel dit nie sal oorleef nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | sal ons weer u gebooie verbreek en ons verswaer met hierdie gruwelike volke? Sal U nie op ons vertoorn wees, totdat ons vernietig is, sodat daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie? |
| Afrikaans 1983 | En na alles wat oor ons gekom het, kom ons en steur ons ons weer nie aan u gebooie nie! Ons ondertrou met hierdie nasies wat so afskuwelik leef! Moet u toorn ons dan nie heeltemal vernietig nie, sodat niemand oorbly, niemand vrykom nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | tog wéér u bevele minag en ondertrou met die volke wat hierdie gruweldade pleeg? Gaan U toornig bly op ons totdat ons vernietig is, en daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons het wéér nie gedoen wat U gesê het nie, ons het getrou met mense wat dinge doen wat U haat. U is nou baie kwaad vir ons, en U moes ons almal doodgemaak het, niemand moes aangehou lewe het en vry weggekom het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hoe kan ons dan nou weer kom en doen wat U uitdruklik gesê het ons nie moet doen nie? U het duidelik gesê dat ons nie met hierdie volke moet trou nie en nie deurmekaar moet raak met die afskuwelike dinge wat hulle vir die afgode doen nie. Dit is niks minder nie as billik as U nou so kwaad vir ons gaan word dat U ons klompie wat oor is, wil uitroei. |