Ezra 9:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná alles wat oor ons gekom het vanweë ons bose dade en vanweë ons groot oortreding, aangesien U, onse God, ons minder gestraf het as wat ons ongeregtighede verdien, en ons so verlossing as hierdie gegee het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar nou word ons gestraf vir die sonde wat ons gedoen het en vir ons groot skuld. Ons straf is eintlik baie minder as wat ons verdien, want U, ons God, het sommige van ons as ’n oorblyfsel laat oorleef. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nalles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld -- want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee -- |
| Afrikaans 1983 | “Wat oor ons gekom het, het gekom deur ons slegte dade en ons baie oortredings teen U. Ons God, U was spaarsaam met die straf op ons sonde, U het van ons laat oorbly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ U, ons God, het ons sondeskuld minder geag as wat dit werklik is en van ons, soos ons hier is, laat vry word. Sal ons dan nou werklik, ná alles wat oor ons gekom het deur ons bose dade en ons groot skuld, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Baie dinge het met ons gebeur omdat ons verkeerd gedoen het en omdat ons so baie sonde gedoen het. Ja, ons sondes was baie, maar U het ons nie so baie gestraf nie. U het party van ons laat aanhou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na alles wat met ons gebeur het oor die verkeerde dinge wat ons gedoen het en die sondes wat ons gedoen het, besef ons, Here, dat U Uself moet terughou om ons nie vir ons sondes te straf soos ons eintlik verdien nie. Ten spyte van alles het U selfs gesorg dat daar ’n klompie van ons is wat vandag nog oorgebly het. |