Ezra 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns nie, en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek nie vir ewig hulle vrede of hulle rykdom nie; kinders vir altyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle dogters mag nie met hulle seuns trou nie, en julle seuns nie met hulle dogters nie. Moenie hierdie volke se vrede en voorspoed bevorder nie. As julle onderneem om hierdie dinge nie te doen nie, sal julle ’n voorspoedige volk wees. Dit sal met julle goed gaan en julle sal ’n sterk volk wees. Julle sal die voorspoed wat die land oplewer, geniet en dit sal vir ewig julle nageslag se erfenis wees.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in ewigheid. |
| Afrikaans 1983 | Moenie julle dogters vir hulle seuns gee nie, moenie hulle dogters met julle seuns laat trou nie. Moet die heidennasies nooit vrede of voorspoed gun nie. Dan sal julle sterk staan en die goeie van die land geniet en dit as 'n blywende besitting aan julle kinders oordra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet daarom nie julle dogters aan hulle seuns gee nie, en moet ook nie hulle dogters vir julle seuns as vroue neem nie. Julle mag vir ewig nie hulle vrede en voorspoed nastreef nie, sodat julle sterk kan wees en die goeie van die land kan geniet en dit vir altyd aan julle kinders kan nalaat.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom mag julle nie julle dogters laat trou met hulle seuns nie, en julle seuns mag nie trou met hulle dogters nie. Julle moet die mense van die land nooit help dat hulle vrede kan hê en dat dit goed kan gaan met hulle nie. As julle doen wat Ek sê, dan sal julle sterk wees en julle sal al die goeie dinge van die land kan geniet. Julle sal die land vir julle kinders kan gee sodat dit hulle land sal wees.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons moes onder geen omstandighede met hulle trou nie. Ons moes hulle nooit help om aan te gaan met die verkeerde dinge nie. Ons moes vir hulle oppas sodat ons self die goeie dinge van die land kon geniet en die land vir altyd aan ons en ons kinders kon behoort. |