Ezra 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat U deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: Die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem, is 'n onrein land met die vuilheid van die mense van die lande, met hulle gruwels, wat dit van die een einde tot die ander gevul het en met hulle onreinheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het ons deur u dienaars die profete duidelik beveel en gesê: ‘Die land wat julle sal inneem, sal onrein wees as gevolg van die verwerplike gewoontes van die inwoners van die land. Die land is van hoek tot kant gevul met hulle afskuwelike praktyke. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat U deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: Die land waar julle inkom om dit in besit te neem, is 'n onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit van die een end tot die ander vervul het in hulle onreinheid. |
| Afrikaans 1983 | U het ons deur u dienaars, die profete, beveel: Die land wat julle in besit gaan neem, is 'n onrein land. Die heidennasies het dit onrein gemaak. Hulle het dit van kant tot kant besmet met hulle afskuwelike, onrein optrede. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat U by monde van u dienaars, die profete, beveel het, ‘Die land waar julle ingaan met die doel om dit in besit te neem, is 'n besoedelde land. Dit is deur die nasies in daardie streke besoedel met hulle afstootlike gebruike. Hulle het dit van hoek tot kant gevul met hulle •onreinheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het die profete gestuur om vir ons te sê: ‘Julle sal kom in 'n land wat julle vir julleself sal neem, maar dit is 'n onrein land. Die mense in die land het dit onrein gemaak. Hulle het op elke plek in die land dinge gedoen wat Ek haat, hulle het die land onrein laat word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het ons deur u boodskappers gewaarsku dat die land waarin ons gaan bly, vol is van verkeerde dinge. Die volke wat in die land gebly het, het die land vuil gemaak met die gode wat hulle aanbid en die lelike dinge wat hulle vir die gode doen. |