Ezra 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hierdie dinge gebeur het, het die vorste na my toe gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die mense van die lande nie, deur te handel volgens hulle gruwels, van die Kanaäniete, die Hetiete, die Feresiete, die Jebusiete, die Ammoniete, die Moabiete, die Egiptenare en die Amoriete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hierdie dinge afgehandel was, het die leiers na my toe gekom en gesê: “Baie van die Israeliete, selfs ook van die priesters en die Leviete, het hulle nie van die ander volke in die land afgesonder nie. Hulle het van die afstootlike praktyke van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en die Amoriete begin beoefen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete. |
| Afrikaans 1983 | Nadat dié dinge gedoen is, het die leiers van die gemeente vir my kom sê: “Die mense van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die nie-Joodse bevolking met sy afskuwelike gebruike nie, en dié is nog dieselfde as dié van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hierdie sake afgehandel is, het die leiers na my gekom en gesê: “Die volk Israel, die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die naburige volke ten opsigte van die afstootlike gebruike van die Kanaäniete, die Hetiete, die Feresiete, die Jebusiete, die Ammoniete, die Moabiete, die Egiptenare en die Amoriete nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat hierdie dinge gebeur het, het leiers na my toe gekom en gesê: “Die Israeliete, die priesters en die Leviete het nie apart gebly van die ander mense in die land nie. Hulle het nie apart gebly van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete nie. Daardie mense doen dinge wat die Here haat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat ons hiermee klaar was, het die leiers na my toe gekom. Hulle het vir my kom sê dat baie van die Israeliete wat in die land agtergebly het, selfs van die priesters en die Leviete, nie hulleself eenkant gehou het van die ander volke in die land nie. Hulle het nie weggebly van die vreeslike dinge wat daardie mense vir hulle afgode doen nie. Hulle het selfs gaan trou met Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete. |