Ezra 8:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook die kinders van die weggevoer wat uit die gevangenskap gekom het, het aan die God van Israel brandoffers gebring, twaalf bulle vir die hele Israel, ses en negentig ramme, sewe en sewentig lammers, twaalf bokke vir sonde en dit alles was 'n brandoffer aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die bannelinge wat teruggekom het uit die land waar hulle gevange gehou was, het toe brandoffers vir die God van Israel gebring. Hulle het twaalf bulle vir die hele Israel geoffer, verder ook 96 skaapramme en 77 lammers. Hulle het ook nog twaalf bokramme as ’n sonde-offer gebring. Hulle het al hierdie brandoffers tot eer van die Here gebring.
Afrikaans 1933/1953 Hulle wat uit die gevangenskap gekom het, die seuns van die ballingskap, het brandoffers gebring aan die God van Israel: twaalf bulle vir die hele Israel, ses en negentig ramme, sewe en sewentig lammers, twaalf bokke as sondoffer -- dit alles as brandoffer aan die HERE.
Afrikaans 1983 Die mense wat uit die ballingskap teruggekom het, het toe aan die God van Israel brandoffers gebring: twaalf bulle vir die hele Israel, ses en negentig ramme, sewe en sewentig lammers en twaalf bokke as 'n sondeoffer. Alles was brandoffers aan die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die ballinge wat uit die ballingskap aangekom het, het •brandoffers gebring aan die God van Israel: twaalf bulle vir die hele Israel, ses-en-negentig ramme, sewe-en-sewentig lammers, en twaalf bokke as •reinigingsoffer, alles as 'n brandoffer vir die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat gevangenes in Babel was en wat teruggekom het, het daardie tyd brand-offers gebring vir die God van Israel. Dit was twaalf bulle vir al die stamme van Israel, 96 skaap-ramme en 77 lammers. Hulle het ook twaalf bok-ramme gebring om 'n sonde-offer te wees. Alles was brand-offers vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat teruggekom het, het toe vir die God van Israel offers gebring wat op die altaar verbrand is. Daar was twaalf bulle vir al die Israeliete. Ons het 96 ramme, 77 lammers en twaalf bokke vir die sonde geoffer. Ons het al hierdie offers vir die Here op die altaar by die tempel verbrand.