Ezra 8:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpe in die huis van onse God geweeg deur die hand van Meremot, die seun van Uría, die priester; en saam met hom was Eleasar, die seun van Pínehas; en saam met hulle was Josabad, die seun van Jesua, en Noadja, die seun van Binnui, Leviete;
Afrikaans (NLV) 2011 Op die vierde dag het hulle die silwer, goud en die ander kosbare voorwerpe by die tempel van ons God geweeg. Dit is toe in die hande gelaat van Meremot seun van Urija die priester, en Eleasar seun van Pinehas. Nog twee Leviete, Josabad die seun van Jesua en Noadja seun van Binnuï, was saam met hulle.
Afrikaans 1933/1953 En op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpe in die huis van onse God afgeweeg onder bewaring van die priester M,remot, die seun van Ur¡a, en by hom was Ele sar, die seun van P¡nehas, en by hulle Josabad, die seun van J,sua, en No dja, die seun van B¡nnu‹, die Leviete --
Afrikaans 1983 Die vierde dag het ons die silwer en die goud en die tempelgereedskap gaan weeg in die tempel van ons God en dit aan die priester Meremot seun van Urija oorhandig in die teenwoordigheid van Eleasar seun van Pinehas. Die Leviete Josabad seun van Jesua, en Noadja seun van Binnuï was by hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpe in die huis van ons God afgeweeg in die hand van Meremot, die priester en seun van Uria. Eleasar, die seun van Pinehas, was saam met hom, en ook die Leviete Josabad, seun van Jesua, en Noadja, seun van Binnuï.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die vierde dag het die priesterleiers die silwer en die goud en die goed geweeg in die tempel van ons God en hulle het dit vir die priester Meremot seun van Urija gegee. Eleasar seun van Pinehas was by hom, en die Leviete Josabad seun van Jesua en Noadja seun van Binnuï was ook daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die vierde dag het ons die silwer, die goud en die items vir die tempel by die tempel gaan weeg en dit getel. Ons het dit aan die priester Meremot seun van Urija gegee. Eleasar seun van Pinehas was by. Die Leviete Josabad die seun van Jesua en Noadja die seun van Binnuï was ook as getuies by.