Ezra 8:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ons op die twaalfde dag van die eerste maand van die rivier Ahava af weggetrek om na Jerusalem te gaan; en die hand van onse God was op ons, en Hy het ons verlos uit die hand van die vyand en van die wat wag. Terloops.
Afrikaans (NLV) 2011 Op 19 April het ons van die Ahawakanaal vertrek om na Jerusalem te gaan. Ons God het ons beskerm. Hy het ons op ons reis gered van ons vyande en van hinderlae.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het ons weggetrek van die rivier Ahawa af op die twaalfde van die eerste maand, om na Jerusalem te gaan; en die hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad.
Afrikaans 1983 Ons het van die Ahawarivier af vertrek op die twaalfde van die eerste maand, op pad Jerusalem toe. Ons God het sy hand oor ons gehou en ons nie in die mag laat val van vyande en rowers langs die pad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het toe op die twaalfde dag van die eerste maand vanaf die Ahawarivier na Jerusalem vertrek. Ons God het sy hand oor ons gehou en ons gered uit die greep van vyande en uit hinderlae langs die pad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het weggegaan van die Ahawa-rivier op die twaalfde dag van die eerste maand. Ons wou na Jerusalem gaan. Ons God was by ons, Hy het ons beskerm teen vyande en diewe op die pad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons is op die twaalfde dag van die eerste maand van die Ahawakanaal af weg Jerusalem toe. Ons God het ons beskerm. Hy het langs die pad mooi na ons gekyk en gekeer dat daar mense was wat ons aangeval het of rowers wat ons voorgelê het.