Ezra 8:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe geneem om dit na Jerusalem na die huis van onse God te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesters en die Leviete het die taak om hierdie geskenke na die tempel van ons God in Jerusalem te vervoer, aanvaar.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring.
Afrikaans 1983 Die priesters en die Leviete het toe die silwer, die goud en die tempelgereedskap wat afgeweeg is, in ontvangs geneem om dit na Jerusalem toe te vat, na die tempel van ons God toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priesters en die Leviete het toe die geweegde silwer en goud en die voorwerpe in ontvangs geneem om dit na Jerusalem, na die huis van ons God te neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters en die Leviete het toe die silwer en die goud en die goed geneem wat ek vir hulle geweeg en gegee het om na Jerusalem te bring, na die tempel van ons God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priesters en die Leviete het toe die silwer en die goud en die items vir die tempel gevat en die verantwoordelikheid op hulle geneem om dit Jerusalem toe te vat en te sorg dat dit in die tempel van ons God kom.