Ezra 8:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waak en bewaar dit totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die owerstes van die families van Israel, in Jerusalem, in die kamers van die huis van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moet hierdie geskenke goed oppas totdat julle dit by die stoorplekke by die tempel van die Here in Jerusalem oorhandig. Daar mag geen verliese wees wanneer julle dit aan die priesters, die Leviete en die leiers van Israel oorhandig nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die vertrekke van die huis van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Wees wakker, pas dit op totdat julle dit uitweeg voor die hoofde van die priesters en die Leviete en voor die familiehoofde van Israel in Jerusalem binne in die tempelvertrekke.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Pas dit versigtig op totdat julle dit in die vertrekke van die huis van die Here in Jerusalem afweeg in die teenwoordigheid van die leiers van die priesters en die Leviete en die leiers van die families van Israel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit oppas en hou totdat julle dit weeg in die kamers by die tempel. Julle moet dit weeg waar die priesterleiers en die Leviete en die familieleiers van die Israeliete dit sien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet daarna kyk en dit goed oppas sodat julle dit presies net so kan gee vir die hoof van die priesters en die Leviete en die leiers van Israel in Jerusalem. Hulle sal dit in die kamers van die tempel in Jerusalem wegbêre.” |