Ezra 8:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die HERE; die voorwerpe is ook heilig; en die silwer en die goud is 'n vrywillige offer aan die HERE, die God van julle vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het vir hierdie priesters gesê: “Julle en hierdie geskenke is vir die Here afgesonder. Hierdie silwer en goud is offers wat vrywillig vir die Here, die God van ons voorouers gemaak is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die HERE, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is 'n vrywillige gawe aan die HERE, die God van julle vaders. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het ek vir die twaalf priesters gesê: “Julle is aan die Here gewy, hierdie goed is ook aan Hom gewy. Die silwer en die goud is vrywillige gawes aan die Here die God van julle voorvaders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ek het vir hulle gesê: “Julle is gewy aan die Here, en die voorwerpe is heilig. Die silwer en die goud is 'n vrywillige gawe aan die Here, die God van julle voorouers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het vir die priesterleiers gesê: “Julle is gewy aan die Here, en die goed is gewy, en die silwer en goud is presente vir die Here, die God van julle voorvaders. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir die twaalf mans gesê: “Julle is afgesonder vir die Here, die God van ons voorouers. Hierdie goed behoort aan die Here. Die silwer en die goud is vir die Here geskenk. |