Ezra 8:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) ook twintig goue komme, van duisend dram; en twee voorwerpe van fyn koper, kosbaar soos goud.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder was daar twintig goue bakke wat saam agt en ’n half kilogram geweeg het en twee kosbare koperbakke net so waardevol soos goud.
Afrikaans 1933/1953 en twintig goue bekers van duisend darieke en twee mooi goudgeel voorwerpe van koper, kosbaar soos goud.
Afrikaans 1983 twintig komme van goud met 'n gesamentlike gewig van ag en 'n half kilogram, en twee stukke van fyn gepoleerde brons, so kosbaar soos goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) asook 20 goue bakke wat 1 000 dariek werd is en 2 voorwerpe van glansende geelkoper, so waardevol soos goud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en 20 goue bekers. Die bekers het 1 000 darieke geweeg. Daar was ook twee blink stukke brons, dit was so kosbaar soos goud.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) twintig bakke wat van goud gemaak was wat agt en ’n half kilogram geweeg het en twee items van suiwer koper wat net soveel werd soos goud was.