Ezra 8:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het selfs seshonderd-en-vyftig talente silwer by hulle geweeg en honderd talente silwervoorwerpe en honderd talente goud; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het dit alles geweeg en vir hulle gegee. Dit was: 24 ton silwer, voorwerpe van silwer wat 68 kilogram geweeg het, en goue voorwerpe van drie en ’n half ton. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het in hulle hand afgeweeg: ses honderd en vyftig talente silwer en silwervoorwerpe van honderd talente, honderd talente in goud, |
| Afrikaans 1983 | Ek het alles geweeg en aan hulle oorhandig: twee en twintig ton silwer, honderd stukke silwerware met 'n gesamentlike gewig van ag en sestig kilogram, drie en 'n half ton goud, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het dit op hulle hande afgeweeg: 650 kikkar silwer, 100 voorwerpe van silwer met 'n gewig van 2 kikkar, 100 kikkar goud, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het dit geweeg en vir hulle gegee. Daar was 650 talente silwer, 100 talente silwergoed, 100 talente goud |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het dit geweeg en vir hulle gegee. Dit was 22 ton silwer, items wat van silwer gemaak was wat saam 68 kilogram geweeg het, items van goud wat ook 68 kilogram geweeg het, |