Ezra 8:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, naamlik die offer van die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy HERE en die hele Israel daar aanwesig gebring het.
Afrikaans (NLV) 2011 om in beheer te wees van die vervoer van die silwer, goud, die goue bakke en ander voorwerpe. Die koning, sy raadgewers, sy leiers en al die mense van Israel het dit vir die tempel van ons God gegee.
Afrikaans 1933/1953 En ek het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die offergawe aan die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy vorste en die hele Israel wat aanwesig was, aangebied het.
Afrikaans 1983 en toe die silwer en die goud en die tempelgereedskap volgens gewig onder hulle verdeel. Dit was die wydingsgeskenke vir die tempel van ons God wat geskenk is deur die koning en sy adviseurs en amptenare en deur al die Israeliete wat hulle nog in ballingskap bevind het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En ek het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die bydraes vir die huis van ons God wat die koning, sy raadgewers en hoë amptenare en die hele Israel wat daar teenwoordig was, gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het die silwer en die goud en die ander goed vir hulle geweeg. Dit was die presente wat die koning en sy raadgewers en sy amptenare en al die Israeliete wat daar was, vir die tempel van ons God gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***