Ezra 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek was skaam om van die koning 'n bende soldate en ruiters te eis om ons teen die vyand op die pad te help, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat hom soek; maar sy mag en sy toorn is teen almal wat Hom verlaat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek was skaam om die koning te vra om soldate en ruiters saam met ons te stuur om ons teen vyande op ons pad te beskerm, want ons het vir die koning gesê: “Ons God beskerm almal wat Hom aanbid, maar sy toorn woed voort teen hulle wat Hom in die steek laat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek was skaam om van die koning 'n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat. |
| Afrikaans 1983 | Ek was skaam om vir die koning soldate en ruiters te vra om ons teen vyande langs die pad te help. Ons het vir die koning gesê ons God sorg goed vir almal wat Hom dien en Hy straf almal swaar wat Hom verlaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | omdat ek te skaam was om van die koning soldate en perderuiters te vra om ons op die pad te beskerm teen vyande. Ek het immers vir die koning gesê: “Die hand van ons God is ten goede uitgestrek oor almal wat Hom raadpleeg, maar sy mag en sy toorn tref almal wat Hom verlaat.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek was skaam om vir die koning 'n leër en manne op perde te vra om ons te beskerm teen vyande op die pad. Ons het vir die koning gesê: “Ons God is goed vir almal wat Hom dien, maar Hy word kwaad vir almal wat weggaan van Hom, en Hy straf hulle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe ons met die koning gepraat het, het ek nog so ewe vir hom gesê dat ons God goed sorg vir dié wat op Hom vertrou, maar Hy straf almal wat niks met Hom te doen wil hê nie. Ek was daarna te skaam om nog vir hom te vra om van sy manne saam met ons te stuur wat ons langs die pad teen aanvallers kon beskerm. |