Ezra 8:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek daar, by die rivier van Ahawa, 'n vasdag uitgeroep, sodat ons onsself voor ons God kan verdruk, om by Hom 'n regte weg te soek vir ons en vir ons kindertjies en vir al ons besittings. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het daar by die Ahawakanaal vir almal opdrag gegee om te vas sodat hulle nederig kon wees voor ons God. Ons het gebid dat ons reis veilig sou wees en dat Hy ons en ons kinders en ons besittings sou beskerm. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het ek daar 'n vastyd uitgeroep aan die rivier Ahawa, om ons te verootmoedig voor die aangesig van onse God ten einde van Hom 'n voorspoedige reis te vra vir ons en ons families en al ons goed. |
| Afrikaans 1983 | Ek het daar by die Ahawarivier 'n vasdag uitgeroep om ons voor ons God te verootmoedig en Hom te bid om 'n voorspoedige reis vir onsself, ons afhanklikes en al wat ons besit het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By die Ahawarivier het ek toe 'n vastyd uitgeroep. Die bedoeling was dat ons onsself voor ons God sou verootmoedig om van Hom 'n voorspoedige reis te vra vir onsself, ons afhanklikes en al ons besittings, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het daar by die Ahawa-rivier gesê dat ons moet vas, want ons moet ons voor God verneder en bid dat Hy dit goed sal laat gaan met ons en ons families en alles wat ons het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het daar by die Ahawakanaal almal opgeroep om niks te eet nie en hulle voor God te verootmoedig. Almal moes tot God bid om ons reis voorspoedig te maak en ons en ons kinders en besittings te beskerm. |