Ezra 8:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook van die tempelbediendes wat Dawid en die vorste vir die diens van die Leviete aangestel het, tweehonderd-en-twintig tempelbediendes; almal by name genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 en 220 tempelwerkers. Die tempelwerkers was ’n groep werkers wat destyds deur koning Dawid en sy amptenare aangestel is om die Leviete te help. Hulle name is almal op die lys geplaas.
Afrikaans 1933/1953 en van die tempelbediendes wat Dawid en die owerstes vir die diens van die Leviete gegee het, twee honderd en twintig tempelbediendes wat almal met hulle name aangewys was.
Afrikaans 1983 Van die tempelslawe wat nog deur Dawid en sy amptenare geskenk is om die Leviete van diens te wees, het daar twee honderd en twintig man gekom. Almal se name is opgeteken.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en van die tempeldienaars wat Dawid en die •hoë amptenare gegee het om die Leviete by te staan, 220 manne, almal by die naam aangewys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ook 220 mans en seuns van die families van die tempel-slawe wat Dawid en die amptenare gegee het om vir die Leviete te werk. Hulle name is almal in die lys van die families se name geskryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het ook 220 tempelwerkers van daar af gekom. Hulle was almal uit die nageslag van die mans wat Dawid en die leiers destyds aangestel het om die Leviete te help. Ook hulle name is opgeneem in die lys mense wat teruggegaan het.