Ezra 8:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En deur die goeie hand van onse God oor ons het hulle vir ons 'n man van verstand gebring, uit die seuns van Magli, die seun van Levi, die seun van Israel; en Serebja met sy seuns en sy broers, agtien;
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat ons God vir ons goed was, het hulle ’n verstandige man met die naam Serebja gestuur saam met agtien van sy seuns en broers. Hy was uit die familie van Magli seun van Levi, ’n seun van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het vir ons, omdat die goeie hand van onse God oor ons was, verstandige manne uit die kinders van Magli, die seun van Levi, die seun van Israel, gebring, naamlik Ser,bja met sy seuns en sy broers, agttien;
Afrikaans 1983 Deur die goeie beskikking van ons God het hulle toe ook vir ons 'n verstandige man gestuur uit die nageslag van Magli seun van Levi, seun van Israel. Dit was Serebja, met sy seuns en sy ampsgenote, agtien altesaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat die goeie hand van ons God oor ons was, het hulle vir ons Serebja gestuur, 'n verstandige man uit die nageslag van Magli, seun van Levi, seun van Israel, asook sy seuns en ampsgenote, 18 manne;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons God was goed vir ons, want hulle het vir ons 'n verstandige man gestuur van die familie van Magli seun van Levi seun van Jakob. Die man was Serebja, en hulle het ook 18 van sy seuns en broers gestuur,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons God was goed vir ons. Hulle het van daar af vir ons ’n baie bekwame Israeliet gestuur. Sy naam was Serebja. Hy was ’n afstammeling van Levi se seun Magli. Van sy seuns en sy broers uit die Leviete wat saam met hom gekom het, was daar altesaam agtien mans.