Ezra 8:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het hulle met bevel gestuur na Iddo, die owerste in die plek Kasifía, en ek het hulle meegedeel wat hulle aan Iddo en aan sy broers, die Nethinims, by die plek Kasifië moes sê, dat hulle dienaars vir die huis van ons huis na ons moes bring. God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het hulle na Iddo, die leier van die Leviete in Kasifja gestuur met ’n versoek. Hy en sy naasbestaandes, asook die tempelwerkers, moes mense stuur om in die tempel van ons God diens te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle bevel gegee aan Iddo, die hoof in die plek Kas¡fja; en ek het die woorde in hulle mond gelê wat hulle met Iddo, en sy broers, die tempelbediendes in die plek Kas¡fja, moes spreek, dat hulle vir ons dienaars vir die huis van onse God moes bring. |
| Afrikaans 1983 | Ek het hulle na Iddo, die leier in Kasifja, toe gestuur, en hulle gesê wat om vir Iddo en sy ampsgenote en vir die tempelslawe in Kasifja te sê sodat Iddo-hulle mense vir ons kon stuur wat in die tempel van ons God kon diens doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hulle beveel om na Iddo, die hoof van die heilige plek by Kasifja, te gaan. Ek het aan hulle voorgesê wat hulle in Kasifja, die heilige plek, aan Iddo, sy ampsgenote en die tempeldienaars moes oordra, naamlik dat hulle vir ons dienaars vir die huis van ons God moet voorsien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het hulle gestuur om vir Iddo 'n boodskap te bring. Hy was die leier in die stad Kasifja, 'n plek waar Leviete en tempel-slawe gewoon het. Ek het vir hulle gesê wat hulle moet sê vir Iddo en die ander tempel-slawe in Kasifja. Hulle moes vir hom vra om vir ons werkers te stuur vir die tempel van ons God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het hulle na Iddo, die hoof van die skool by Kasifja, gestuur. Hulle moes gaan kyk of hulle nie by Iddo Leviete kon kry wat bereid was om by die tempel van ons God in Jerusalem te gaan werk nie. |