Ezra 8:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het hulle bymekaar laat kom by die rivier wat na Ahava loop; en ons het daar drie dae in tente gebly; en ek het die volk en die priesters bekyk en niemand van die seuns van Levi daar gevind nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die ballinge by die kanaal wat by Ahawa verbyloop, laat bymekaarkom. Daar het ons vir drie dae gekamp terwyl ek die lyste met mense en priesters wat aangekom het, nagegaan het. Ek het uitgevind dat daar nie een Leviet onder hulle was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het hulle versamel by die rivier wat na Ahawa loop, en ons het daar drie dae laer opgeslaan; en ek het op die volk en die priesters ag gegee, maar van die kinders van Levi daar nie aangetref nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het hulle laat bymekaarkom by die rivier wat by Ahawa verbyloop. Ons het daar drie dae gekampeer, en ek het vasgestel dat daar priesters onder die mense was, maar ek kon geen Leviete vind nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het hulle bymekaargebring by die rivier wat na Ahawa loop. Daar het ons drie dae lank kamp opgeslaan. Ek kom toe agter dat daar onder die volk en die priesters geen Leviete was nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het hulle laat bymekaarkom by die rivier wat na die stad Ahawa vloei. Ons het daar drie dae lank in tente gebly, en toe ek kyk wie van die volk en die priesters daar was, het ek gesien daar is nie Leviete nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het almal by die kanaal wat na Ahawa vloei, bymekaar laat kom. Ons het drie dae lank daar oorgestaan. Ek het priesters onder die groep gekry. Daar was egter geen Leviete in die groep nie. |