Ezra 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want op die eerste dag van die eerste maand het hy uit Babel begin optrek, en op die eerste dag van die vyfde maand het hy na Jerusalem gekom, volgens die goeie hand van sy God oor hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Esra het Babel op 8 April verlaat en op 4 Augustus in Jerusalem aangekom, want sy God het hom beskerm.
Afrikaans 1933/1953 Want op die eerste van die eerste maand het hy die optog uit Babel gereël, en op die eerste van die vyfde maand het hy in Jerusalem aangekom, omdat die goeie hand van sy God oor hom was.
Afrikaans 1983 Die vertrek uit Babel was vasgestel vir die eerste van die eerste maand, en op die eerste van die vyfde maand het Esra in Jerusalem aangekom. Sy God het hom beskerm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die reis uit Babilonië het begin op die eerste dag van die eerste maand en hy het op die eerste dag van die vyfde maand in Jerusalem aangekom, omdat die goeie hand van sy God oor hom was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, Esra het die mense uit die land Babel gelei op die eerste dag van die eerste maand en hy het in Jerusalem gekom op die eerste dag van die vyfde maand. Sy God het hom beskerm,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esra het voor die tyd al besluit dat hulle reis na Jerusalem op die eerste van die eerste maand moet begin. God het hom beskerm. Vier maande later het hulle op die eerste van die vyfde maand in Jerusalem aangekom.