Ezra 7:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die kinders van Israel en van die priesters en die Leviete en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes het opgetrek na Jerusalem in die sewende jaar van koning Artasasta. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die sewende jaar van koning Artasasta se regering, het van die mense van Israel saam met hom na Jerusalem toe gegaan. Onder hulle was priesters, Leviete, sangers, hekwagte en tempelwerkers. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook van die kinders van Israel en van die priesters en die Leviete en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes het na Jerusalem opgetrek in die sewende jaar van koning Artas sta. |
| Afrikaans 1983 | In die sewende regeringsjaar van koning Artasasta het Esra en 'n aantal Israeliete, priesters, Leviete, tempelsangers, poortwagte en tempelslawe na Jerusalem toe teruggegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nog ander Israeliete en van die priesters, die Leviete, die sangers, poortwagte en tempeldienaars het ook in die sewende regeringsjaar van koning Artasasta na Jerusalem opgetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het Israeliete, priesters, Leviete, mense wat gesing het, poortwagte en tempel-slawe saam met Esra na Jerusalem gegaan. Dit was in die sewende jaar nadat Artasasta koning geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar het ’n hele klomp ander mense saam met hom gekom. Onder hulle was daar mense uit die gewone Israeliete, die priesters wat by die tempel werk, die priesters uit Levi se familie, die sangers wat by die tempel help, mense wat die hekke oppas en ander mense wat ook by die tempel werk. |