Ezra 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie Esra het uit Babel opgetrek; en hy was 'n bekwame skrifgeleerde in die wet van Moses wat die HERE, die God van Israel, gegee het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Esra het uit Babel gekom en was ’n geleerde man. Hy het baie goeie kennis gehad van die gebooie van Moses wat die Here, die God van Israel, vir hom gegee het. Die koning het alles wat hy wou hê vir hom gegee, want die hand van die Here sy God was op hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | het hierdie Esra opgetrek uit Babel; en hy was 'n skrifgeleerde, vaardig in die wet van Moses wat die HERE, die God van Israel, gegee het; en die koning het, omdat die hand van die HERE sy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie Esra het uit Babel gekom en hy was 'n geleerde man, kundig in die wet van Moses wat deur die Here die God van Israel gegee is. Omdat die Here sy hand oor Esra gehou het, het die koning hom alles gegee wat hy van hom gevra het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie Esra het opgetrek uit Babilonië. Hy was self 'n skrifgeleerde, kundig in die Wet van Moses wat die Here, die God van Israel, gegee het. Die koning het alles wat hy gevra het aan hom gegee, omdat die Here, sy God, se hand oor hom was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die Esra wat uit die land Babel gekom het. Hy was 'n skrifgeleerde wat die Wette van Moses goed geken het, die wette wat die Here, die God van Israel, vir sy volk gegee het. Die Here het sy hand oor Esra gehou en Hy het hom geseën, daarom het die koning vir Esra alles gegee wat hy gevra het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Esra was ’n geleerde man. Hy kon baie goed verduidelik wat die wette beteken wat die Here deur Moses vir Israel gegee het. Die Here het hom beskerm. Hy kon by die koning enigiets kry wat hy gevra het. Hy het in die sewende jaar wat Artasasta koning was, van Babel af in Jerusalem aangekom. |