Ezra 7:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En het barmhartigheid aan my bewys voor die koning en sy raadgewers en voor al die magtige vorste van die koning. En ek het sterk geword soos die hand van die HERE my God oor my was, en ek het uit Israel owerstes versamel om saam met my op te trek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het met sy troue liefde gesorg dat ek die agting van die koning, sy raadgewers en sy sleutelamptenare geniet! Ek het moed geskep toe ek besef dat ek die hulp van die Here my God het. Toe het ek van die leiers van Israel byeengebring om saam met my na Jerusalem toe terug te gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | en wat my guns laat vind het voor die koning en sy raadsmanne en voor al die magtige vorste van die koning. Toe het ek moed geskep, omdat die hand van die HERE my God oor my was, en ek het die hoofde uit Israel versamel om saam met my op te trek. |
| Afrikaans 1983 | en Hy het my die goedgesindheid van die koning, van sy adviseurs en van al sy magtige amptenare laat geniet. Ek was vol moed. Die Here my God het sy hand oor my gehou. Ek het toe die leiers onder die Israeliete bymekaar laat kom om saam met my te trek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en wat aan my sy troue liefde bewys het voor die koning en sy raadgewers en al die magtige amptenare van die koning. En ek, ek het moed geskep omdat die hand van die Here my God oor my was, en ek het besluit om die familiehoofde uit Israel bymekaar te laat kom om saam met my te reis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Hy het die koning en sy raadgewers en al die belangrike amptenare vriendelik gemaak met my. Ek het sterk gevoel omdat my God my so gehelp het, en ek het leiers van die Israeliete bymekaargeroep om saam met my te gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het gemaak dat die koning, sy raadgewers en al sy belangrike amptenare my goedgesind is. Ek het moed geskep omdat ek kan sien dat die Here my God my beskerm. Ek het van die leiers uit die Israeliete na my toe laat kom om saam met my na Jerusalem toe terug te gaan.” |