Ezra 7:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geloofd sy die HERE, die God van ons vaders, wat so iets in die hart van die koning gegee het om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te versier.
Afrikaans (NLV) 2011 Loof die Here, die God van ons voorouers wat die koning laat besluit het om op hierdie manier eer te bring aan die tempel van die Here in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 Geloofd sy die HERE, die God van ons vaders, wat so iets in die hart van die koning gegee het, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te versier;
Afrikaans 1983 Esra het toe gesê: “Geloof sy die Here, die God van ons voorvaders! Hy het die koning die besluit laat neem om die tempel in Jerusalem so goed toe te rus,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lofwaardig is die Here, die God van ons voorouers! Dit is Hy wat dit op so 'n manier in die koning se hart gelê het om luister te verleen aan die huis van die Here wat in Jerusalem is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek prys die Here, die God van ons voorvaders. Hy het die koning laat besluit om die tempel van die Here in Jerusalem mooi te maak
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esra het toe gesê: “Ek maak die Here se Naam groot. Hy is die God van my voorouers. Hy het die koning gewillig gemaak om al hierdie dinge vir die tempel van die Here in Jerusalem te doen.