Ezra 7:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat die wet van jou God en die wet van die koning nie doen nie, laat oordeel vinnig aan hom voltrek word, of dit tot die dood of tot verbanning of tot konfiskering van goed of tot gevangenisstraf is.
Afrikaans (NLV) 2011 Enigiemand wat nie die wet van jou God of die wet van die koning gehoorsaam nie, moet julle dadelik straf met die dood, verbanning, konfiskering van besittings of tronkstraf.”
Afrikaans 1933/1953 En elkeen wat die wet van jou God en die wet van die koning nie doen nie, teen hom moet geregtelik opgetree word, hetsy ter dood of tot verbanning of geldboete of gevangenisstraf.
Afrikaans 1983 Enigeen wat hom nie hou aan die wet van jou God en die wet van die koning nie, moet streng gestraf word, met die dood of met verbanning of met 'n boete of met gevangenisstraf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen elkeen wat nie die wet van jou God en die wet van die koning onderhou nie, moet streng geregtelike stappe gedoen word, hetsy deur die doodstraf, verbanning, beslaglegging of tronkstraf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet elkeen oordeel en straf wat nie doen wat die wette van jou God en die wette van die koning sê nie. Hy moet sterf, of julle moet hom wegjaag uit die land, of hy moet boete betaal of tronk toe gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet hulle straf wat die wette van jou God of die wette van die staat oortree. Straf daardie persoon met die dood of stuur hom weg of beboet hom of laat hom in die tronk opsluit.