Ezra 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy, Esra, volgens die wysheid van jou God wat in jou hand is, stel regters en regters aan wat al die mense wat oorkant die rivier is, kan oordeel, almal wat die wette van jou God ken; en leer die wat hulle nie ken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “En jy, Esra, moet met die wysheid wat God jou gegee het, amptenare en regters aanstel oor die mense van die provinsie wes van die Eufraatrivier. Hulle moet die wette van jou God ken. As hulle hierdie wette nie ken nie, moet jy dit vir hulle leer.
Afrikaans 1933/1953 En jy, Esra, volgens die wysheid van jou God wat jy besit, stel owerhede en regters aan om vir die hele volk wat wes van die Eufraat is, reg te spreek, almal wat die wette van jou God ken; en wie dit nie ken nie, moet julle dit leer.
Afrikaans 1983 “Jy, Esra, moet volgens die wysheid waaroor jy beskik soos dit jou deur jou God gegee word, regeerders en regters aanstel wat die regspraak kan behartig vir al die mense in Wes-Eufraat, vir almal wat die wet van jou God ken. Vir dié wat dit nie ken nie, moet julle dit leer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ En jy, Esra, deur die wysheid van jou God waaroor jy beskik, moet jy regsamptenare en regters aanstel wat die regsake van die hele volk in Wes-Eufraat kan behartig, almal wat die wette van jou God ken. En as iemand dit nie ken nie, moet julle hom leer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, Esra, jy het wysheid van jou God gekry. Jy moet regeerders en regters kies en aanstel, sodat hulle kan oordeel oor al die mense in Wes-Eufraat, almal wat die wette van jou God ken. En jy moet die wette leer vir die mense wat dit nie ken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esra, jy moet die wysheid gebruik wat jou God jou gee om amptenare en regters in die Wes-Eufraat aan te stel vir almal wat voor die wette van jou God buig. Jy moet die wet leer vir dié wat dit nie ken nie.