Ezra 7:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons verklaar julle ook dat dit nie geoorloof sal wees om tol, belasting of tol aan hulle op te lê as hulle enige van die priesters en Leviete, sangers, poortwagters, tempeldienaars of bedienaars van hierdie huis van God aanraak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gee ook opdrag dat geen priester, Leviet, sanger, deurwag, tempelwerker of enige werker in hierdie tempel van God verplig mag word om enige belasting te betaal nie.’
Afrikaans 1933/1953 En ons maak julle bekend dat wat betref al die priesters en Leviete, sangers, poortwagters, tempelbediendes of dienaars van hierdie huis van God, niemand gemagtig is om hulle belasting, opbrings of tol op te lê nie.
Afrikaans 1983 Neem ook kennis dat julle nie gemagtig is om belasting, heffing of tol te eis van enige priester, Leviet, tempelsanger, poortwag, tempelslaaf of enigeen wat in die tempel van hierdie God werk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder word julle ook in kennis gestel dat dit nie toelaatbaar is om van enige van die priesters en Leviete, sangers, poortwagte, tempeldienaars en ander dienaars in hierdie huis van God, belasting, heffings en tolgeld te vra nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons sê ook nou vir julle dat niemand moet sê dat die priesters en Leviete belasting moet betaal nie, ook nie die mense wat sing en die poortwagte, die tempel-slawe en die ander werkers in hierdie tempel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ook besluit dat geen priester of Leviet of tempelsanger of poortwagter of tempelwerker of enige ander een wat by die tempel werk, enige belasting aan die staat hoef te betaal nie.