Ezra 7:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat ook al deur die God van die hemel beveel word, laat dit ywerig gedoen word vir die huis van die God van die hemel; want waarom sou daar toorn wees teen die koninkryk van die koning en sy seuns?
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet enigiets wat die God van die hemel vir sy tempel vereis, voorsien. Daar is geen rede waarom ons die risiko moet loop om sy woede teen die ryk van die koning en van sy nageslag te laat ontvlam nie.
Afrikaans 1933/1953 Alles wat volgens die bevel van die God van die hemel is, moet stiptelik uitgevoer word vir die huis van die God van die hemel; want waarom sou daar 'n toorn kom oor die koninkryk van die koning en sy seuns?
Afrikaans 1983 Wat die God van die hemel ook al vir sy tempel vereis, moet met toewyding gedoen word, sodat sy toorn nie oor die ryk van die koning en sy seuns kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alles wat in ooreenstemming met die bevel van die God van die hemel is, moet vir die huis van die God van die hemel op die regte manier uitgevoer word; want waarom moet die toorn van God rus op die ryk van die koning en sy seuns?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet alles wat die God van die hemel sê, reg doen vir sy tempel. Dan sal Hy nie kwaad word nie en Hy sal nie die land van die koning en sy seuns straf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles wat die God van die hemel vir sy huis wil hê, moet presies gegee word, sodat Hy nie dalk kwaad word vir die koning en sy seuns nie.