Ezra 7:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek, ook ek, koning Artasasta, gee 'n bevel aan al die skatmeesters wat anderkant die rivier is, dat alles wat Esra, die priester, die wetgeleerde van die God van die hemel, van julle sal eis, dit moet gou gedoen word,
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek, koning Artasasta, gee die volgende opdrag aan al die amptenare van die tesourie in die provinsie wes van die Eufraatrivier: ‘Julle moet vir Esra alles gee wat hy julle vra, want hy is ’n priester en kenner van die bevele van die God van die hemel.
Afrikaans 1933/1953 En deur my, koning Artas sta, is bevel gegee aan al die skatmeesters wat wes van die Eufraat is, dat alles wat Esra, die priester, die skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, van julle vra, sorgvuldig gedoen moet word,
Afrikaans 1983 “Ek, koning Artasasta, beveel al die beamptes in beheer van die skatkis in Wes-Eufraat: Alles wat die priester Esra, skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, van julle vra, moet julle dadelik lewer,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ek, koning Artasasta, het die volgende opdrag gegee aan al die tesouriere in Wes-Eufraat, ‘Alles wat Esra, die priester, kenner van die wet van die God van die hemel, julle vra, moet noukeurig gelewer word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, koning Artasasta, sê nou ook vir al die mense wat werk met die koning se geld in die provinsie Wes-Eufraat: Julle moet alles gee wat die priester Esra vir julle vra. Hy is die skrifgeleerde wat die wette van die God van die hemel ken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek, koning Artasasta, het aan al die amptenare in Wes-Eufraat wat met die ryk se geld werk, opdrag gegee om aan Esra, die priester en kenner van die wet van die God van die hemel, te gee wat hy vra.