Ezra 7:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook die voorwerpe wat aan jou gegee word vir die diens van die huis van jou God, dié red jy voor die God van Jerusalem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die voorwerpe wat ons aan jou gegee het vir diens in die tempel van jou God, moet jy net so vir die God van Jerusalem gaan gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die voorwerpe wat aan jou gegee word vir die diens van die huis van jou God, moet jy aflewer voor die God van Jerusalem. |
| Afrikaans 1983 | Die goed wat vir gebruik in die tempel van jou God bestem en aan jou oorhandig is, moet jy as geskenk aan God in Jerusalem gaan gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tempelgerei wat aan jou oorhandig word vir die dienswerk in die huis van jou God moet jy aflewer voor die God van Jerusalem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense sal dinge vir jou gee om te gebruik vir die werk in die tempel van jou God. Jy moet dit vir die God van Jerusalem bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles wat vir jou gegee is wat spesifiek vir die tempel van jou God bedoel was, moet jy presies net so vir jou God in Jerusalem gaan gee. |