Ezra 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | sodat jy gou met hierdie geld bulle, ramme, lammers en hulle spysoffers en hulle drankoffers kan koop en dit op die altaar van die huis van jou God wat in Jerusalem is, kan offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gebruik hierdie bydraes uitsluitlik om bulle, ramme, lammers en die nodige graanoffers en drankoffers te koop. Dit is vir alles wat julle op die altaar van die tempel van God in Jerusalem gaan offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom moet jy sorgvuldig met hierdie geld koop bulle, ramme, lammers met die spysoffers en drankoffers wat daarby behoort, en dit op die altaar van die huis van julle God in Jerusalem offer. |
| Afrikaans 1983 | Van dié geld moet jy met oorleg gebruik om bulle, ramme en lammers te koop, met die bybehorende graan- en drankoffers, en dan moet jy dit op die altaar van die tempel van julle God in Jerusalem offer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet daarna noukeurig aankope doen met hierdie geld: bulle, ramme, lammers en •graan- en •drankoffers wat daarby hoort. Offer dit dan op die altaar van die huis van julle God wat in Jerusalem is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet hierdie geld gebruik om bulle, ramme en lammers te koop en ook die koring-offers en drank-offers wat daarby moet wees. Julle moet dit offer op die altaar by die tempel van julle God in Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet versigtig met hierdie geld werk. Koop die bulle, ramme en lammers, en alles wat nodig is vir die offers wat julle bring. Koop ook wat nodig is vir die ander offers waarvan julle ’n deel daar by die tempel mag eet en drink. Gaan offer dit alles op die altaar in julle God se tempel in Jerusalem. |