Ezra 7:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die silwer en goud wat jy in die hele provinsie Babel kan vind, saam met die vrywillige offer van die volk en van die priesters, gewillig om te offer vir die huis van hulle God wat in Jerusalem is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Neem ook al die silwer en goud wat jy in die provinsie Babilonië in die hande kan kry. Verder ook die vrywillige offers wat die mense van die land en die priesters vir die tempel van hulle God in Jerusalem gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | en al die silwer en goud wat jy sal vind in die hele provinsie Babel saam met die vrywillige gawes van die volk en die priesters wat vrywillig gee vir die huis van hulle God wat in Jerusalem is. |
| Afrikaans 1983 | Verder moet jy al die silwer en die goud saamneem wat jy dwarsoor die provinsie Babel kan bekom, en ook die vrywillige gawes wat die volk en die priesters vir die tempel van hulle God in Jerusalem gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | asook al die silwer en goud wat jy in die hele provinsie Babel sal vind, sowel as die vrywillige bydraes van die volk en die priesters wat hulle gee vir die huis van hulle God wat in Jerusalem is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet ook al die silwer en goud saamneem wat jy kan kry in die provinsie Babel, jy moet dit neem saam met die presente wat die mense en die priesters gee vir die tempel van hulle God in Jerusalem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet ook al die geld wat jy by mense in die provinsie van Babel kan insamel, saam met jou vat. Ook die geskenke van die volk en van die priesters vir die tempel van God in Jerusalem moet saam met jou gaan. |