Ezra 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangesien jy deur die koning en van sy sewe raadgewers gestuur is om Juda en Jerusalem te ondersoek volgens die wet van jou God wat in jou hand is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek en my raad van sewe gee jou opdrag om ondersoek in te stel na omstandighede in Juda en Jerusalem. Doen dit aan die hand van die voorskrifte van jou God wat in jou besit is. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat jy vanweë die koning en sy sewe raadsmanne gestuur is om oor Juda en in Jerusalem ondersoek te doen volgens die wet van jou God wat in jou hand is, |
| Afrikaans 1983 | Jy word deur die koning en sy sewe adviseurs afgevaardig om aan die hand van die wet van jou God waarin jy onderleg is, vas te stel hoe sake in Juda en Jerusalem staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom word jy deur die koning en sy sewe raadgewers gestuur om ondersoek in te stel oor Juda en Jerusalem, in ooreenstemming met die wet van jou God wat jy ter hand het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, die koning, en my raadgewers stuur jou om in Juda en Jerusalem te gaan kyk hoe dit gaan. Jy moet kyk of die Judeërs daar lewe soos jou God se wette sê, die wette wat jy by jou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning en sy raadgewers stuur jou amptelik om in Juda en Jerusalem te gaan ondersoek instel hoe die wet van jou God gebruik word. Jy is tog die kenner van daardie wet. |