Ezra 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek gee 'n bevel dat almal uit die volk van Israel en sy priesters en Leviete in my ryk, wat uit vrye wil daaraan dink om na Jerusalem op te gaan, saam met jou moet gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek verklaar dat enige van die mense van Israel wat in my ryk is, priesters en Leviete ingesluit, mag kies om saam met jou na Jerusalem toe terug te keer.
Afrikaans 1933/1953 deur my is bevel gegee dat elkeen van die volk van Israel en van sy priesters en Leviete wat in my koninkryk gewillig is om na Jerusalem te trek, met jou mag saamtrek;
Afrikaans 1983 “Ek gee hiermee opdrag dat enigiemand in my ryk wat tot die volk Israel, sy priesters of sy Leviete behoort en wat wil gaan, met jou saam na Jerusalem toe kan gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ek het opdrag gegee dat enigiemand in my koninkryk uit die volk Israel en van sy priesters en Leviete wat gewillig is om na Jerusalem te gaan, saam met jou mag gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê dat elke Israeliet in my land, en ook elke priester en Leviet wat na Jerusalem wil gaan, saam met jou mag gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gee toestemming dat enigeen in my koninkryk uit die volk van die Israeliete of van hulle priesters of hulle Leviete wat graag wil teruggaan Jerusalem toe, vry is om saam met jou te gaan.