Ezra 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die afskrif van die brief wat die koning Artasasta aan Esra, die priester, die skrywer, 'n skrywer gegee het van die woorde van die gebooie van die HERE en van sy insettinge aan Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hier volg ’n afskrif van koning Artasasta se brief aan Esra. Esra was ’n priester en ’n skrifkenner wat die voorskrifte en bepalings van die Here vir Israel uitgelê het:
Afrikaans 1933/1953 En dit is die afskrif van die brief wat koning Artas sta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van die HERE oor Israel:
Afrikaans 1983 Hier volg 'n afskrif van die volmag wat koning Artasasta verleen het aan die geleerde priester Esra, wat op hoogte was van alles in verband met die gebod van die Here en met sy voorskrifte aan Israel:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is 'n afskrif van die brief wat koning Artasasta gegee het aan Esra die priester, die skrifgeleerde, kenner van sake in verband met die wette van die Here en sy voorskrifte aan Israel:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester Esra het die wette van die Here goed geken. Koning Artasasta het vir Esra 'n brief gegee. Die koning het geskryf:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die brief wat koning Artasasta vir Esra, die priester en geleerde in die wet van die Here, gegee het om hom toestemming te gee om Jerusalem toe te gaan, was in Aramees geskryf. Daarin het gestaan: