Ezra 7:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Esra het sy hart voorberei om die wet van die HERE te soek en dit te doen en om in Israel insettinge en verordeninge te leer.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het gebeur omdat Esra besluit het om die gebooie van die Here te bestudeer en toe te pas. Hy wou die reëls en regulasies vir die mense van Israel leer.
Afrikaans 1933/1953 Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die HERE te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer.
Afrikaans 1983 Esra het hom gewy aan die wet van die Here. Hy wou dit in die praktyk toepas en Israel elke voorskrif en bepaling leer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Esra het hom immers daarop toegelê om die Wet van die Here te bestudeer en dit te gehoorsaam en om die voorskrifte en reëls in Israel vir mense te leer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want hy het altyd gevra wat die wette van die Here sê en hy het dit gedoen. Hy het ook vir die Israeliete geleer wat die Here wil hê en wat Hy besluit het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God was by hom omdat hy met hart en siel die wette van die Here bestudeer het om daarvolgens te lewe. Hy wou graag in Israel ’n leermeester van die reëls en regulasies van die Here wees.