Ezra 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat hulle nodig het, jong bulle sowel as ramme en lammers, vir die brandoffers van die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie, volgens die aanstelling van die priesters wat in Jerusalem is, moet dit word hulle dag vir dag sonder versuim gegee:
Afrikaans (NLV) 2011 “Voorsien ook aan die priesters in Jerusalem wat hulle nodig het om aan die God van die hemel te offer. Dit sluit in jong bulle, ramme en lammers. Moet ook nie nalaat om vir hulle die koring, sout, wyn en olyfolie te gee wat hulle daagliks nodig het nie.
Afrikaans 1933/1953 En wat nodig is, jong bulle sowel as ramme en lammers vir brandoffers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens opgawe van die priesters in Jerusalem sonder versuim dag vir dag gelewer word,
Afrikaans 1983 Wat ook al nodig is volgens die priesters in Jerusalem, moet aan hulle gegee word: jong bulle, ramme en lammers vir die offers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie. Dit moet elke dag gedoen word, sonder om oor te slaan,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wat hulle nodig het, jong bulle, ramme en lammers as •brandoffers vir die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie, moet, op versoek van die priesters in Jerusalem, daagliks en stiptelik aan hulle gelewer word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook elke dag vir die priesters in Jerusalem alles gee wat hulle nodig het: jong bulle, ramme en lammers vir die brand-offers vir die God van die hemel. Julle moet ook vir hulle koring, sout, wyn en olyf-olie gee. Julle moet dit dadelik doen, elke dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet elke dag vir die priesters in Jerusalem alles gee wat hulle nodig het om vir die God van die hemel te offer. Daar moenie te min bulle, ramme en lammers, koring, sout, wyn of olie wees nie.