Ezra 6:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder gee ek 'n bevel wat julle aan die oudstes van hierdie Jode moet doen vir die bou van hierdie huis van God: van die besittings van die koning, ja, van die belasting oorkant die Rivier, moet dadelik uitgawes aan hierdie manne gegee word, sodat hulle nie verhinder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek beveel verder ook dat julle hierdie leiers van die Jode moet bystaan om die tempel van God te herbou. “Betaal ook dadelik al die kostes van die bouwerk uit die belastings wat julle in julle provinsie wes van die Eufraat ingesamel het sodat die werk nie stilstaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En deur my word bevel gegee hoe julle met hierdie oudstes van die Jode moet handel om daardie huis van God te bou, naamlik: Uit die inkomste van die koning, uit die belasting van die westelike gebied van die Eufraat moet die onkoste aan daardie manne sorgvuldig vergoed word sonder vertraging. |
| Afrikaans 1983 | Ek gee hiermee ook opdrag wat julle moet doen om daardie Judese leiers te help met die bou van die tempel: Sonder versuim en nougeset moet die koste aan daardie manne uitbetaal word uit die koninklike fondse, die belasting van Wes-Eufraat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek gee nou opdrag oor wat julle saam met hierdie oudstes van die Judeërs moet doen om daardie huis van God te bou: Uit die koninklike staatskas – in besonder uit die belasting van Wes-Eufraat – moet die uitgawes van daardie manne ten volle vergoed word, sodat die werk nie onderbreek word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek sê nou wat julle moet doen om hierdie leiers van die Judeërs te help om daardie tempel te bou. Julle moet dadelik vir hierdie manne alles gee wat hulle nodig het. Julle mag dit neem van die belasting wat ek moet kry uit die provinsie Wes-Eufraat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek maak ook nou ’n nuwe wet. Julle moet die Judese leiers help om die tempel vir hulle God te bou. Julle moet uit die belasting wat in Wes-Eufraat betaal word, vir hulle geld gee sodat hulle met die werk kan aangaan en dit kan klaarmaak. |