Ezra 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat staan die werk van hierdie huis van God; laat die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode hierdie huis van God in sy plek bou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie in die pad staan van die bouwerk aan die tempel van God nie. Laat die goewerneur van Juda en die Judese leiers toe om die tempel van God op die oorspronklike plek te herbou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou. |
| Afrikaans 1983 | Laat die werk aan daardie tempel ongehinderd voortgaan. Laat die goewerneur van die Judeërs en hulle leiers die tempel bou waar hy moet wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat die werk aan daardie huis van God voortgaan. Laat die Judeërs se streekgoewerneur en hulle oudstes daardie huis van God op sy plek herbou! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense moet aanhou om daardie tempel te bou, en niemand moet hulle probeer stop nie. Die goewerneur en die leiers van die Judeërs mag daardie tempel weer bou waar dit gestaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie hulle gaan pla en gaan inmeng met die bouery aan die huis van God nie. Laat die goewerneur van Juda en sy leiers toe om die huis van hulle God op sy ou plek te bou. |