Ezra 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met drie rye groot klippe en 'n ry nuwe hout; en laat die kostes uit die koning se huis betaal word.
Afrikaans (NLV) 2011 Op elke drie lae van die gekapte steenblokke moet hulle ’n laag hout plaas. Die koninklike skatkis sal alle kostes vir die bouwerk dra.
Afrikaans 1933/1953 met drie lae groot klippe en een laag nuwe hout; en die onkoste sal deur die huis van die koning gedra word.
Afrikaans 1983 met telkens drie lae gekapte klip en een laag hout. Die koste moet gedra word deur die koninklike skatkis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) gebou met drie lae groot klippe en 'n laag nuwe hout. Die boukoste sal uit die koninklike skatkis gedelg word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet elke maal drie lae klip en dan een laag hout gebruik om die mure te bou. Die koning sal betaal vir al die werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na elke drie lae bouklip moet daar houtbalke in die mure gesit word. Die geld wat nodig is om die tempel te bou moet uit die staat se geld kom.