Ezra 6:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die eerste jaar van koning Kores het dieselfde koning Kores 'n bevel gegee aangaande die huis van God in Jerusalem: Laat die huis gebou word, die plek waar hulle slagoffers gebring het, en laat die fondamente daarvan sterk gelê word; sy hoogte sestig el en sy breedte sestig el;
Afrikaans (NLV) 2011 “In die eerste jaar van koning Kores se regering is ’n dekreet uitgevaardig oor die tempel van God in Jerusalem. Hulle moet die tempel op dieselfde fondasie herbou as ’n plek waar hulle altyd die offers kan bring. Die gebou moet 30 meter hoog en 30 meter breed wees.
Afrikaans 1933/1953 In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel gegee: Die Godshuis in Jerusalem -- die huis moet gebou word as 'n plek waar hulle offers bring, en sy fondamente moet gelê word; sy hoogte moet sestig el, sy breedte sestig el wees;
Afrikaans 1983 “In sy eerste regeringsjaar het koning Kores 'n bevel uitgevaardig in verband met die tempel in Jerusalem. Die tempel moet herbou word as 'n plek waar offers gebring word. Die fondamente moet versterk word en die gebou moet dertig meter hoog en dertig meter breed wees,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ In sy eerste regeringsjaar het koning Kores die volgende opdrag gegee, ‘Wat betref die huis van God in Jerusalem: Die huis moet gebou word as 'n plek waar offers gebring word. Die fondamente moet gelê word; die hoogte moet sestig el en die breedte sestig el wees,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was in die eerste jaar nadat Kores koning geword het. Koning Kores het gesê hulle moet die tempel in Jerusalem weer bou sodat hulle daar kan offer, sodat hulle vuur-offers kan bring. Die gebou moet 60 el hoog en 60 el breed wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Kores het in die eerste jaar dat hy koning was, opdrag gegee dat die huis van God in Jerusalem gebou moet word as ’n plek waar daar altyd offers geslag en offers op die altaar verbrand kan word. Die tempel moet 30 meter hoog en ook 30 meter breed wees.