Ezra 6:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel wat uit ballingskap teruggekom het, en almal wat hulle vir hulle afgesonder het van die vuilheid van die nasies van die land, om die HERE, die God van Israel te soek, het geëet; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete wat uit ballingskap teruggekeer het, het die paasmaal geëet saam met ander mense van die land. Dit was van die mense wat nie langer aan afgodsdiens deelgeneem het nie, maar die Here, die God van Israel, gedien het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet en elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle die HERE, die God van Israel, te soek. |
| Afrikaans 1983 | Die paaslam is geëet deur die Israeliete wat uit die ballingskap teruggekom het en deur elkeen wat hom van die onreinheid van die heidene in die land afgeskei het om die Here die God van Israel te dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete wat uit die ballingskap teruggekeer het, het die Pasga geëet. En almal wat hulle afgeskei het van die •onreinheid van die volk van die land, om die wil van die Here die God van Israel te soek, het dit ook gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete wat gevangenes in Babel was en wat teruggekom het, het die paaslam geëet, en ook almal wat opgehou het om die onrein dinge te doen wat die ander mense in die land gedoen het. Die mense wat opgehou het om die onrein dinge te doen, het die Here, die God van Israel, gedien saam met die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete wat teruggekom het, het toe saam die paaslam geëet. Ook die mense wat reeds in die land gebly het en wat getrou gebly het aan die Here, die God van Israel, en nie deelgeneem het aan die afgodsdiens van die ander volke in die land nie, het saam met hulle daaraan geëet. |