Ezra 6:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die priesters en die Leviete is saam gereinig, almal was rein, en hulle het die pasga geslag vir al die kinders van die gevangenes en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesters en die Leviete het hulle almal gereinig vir die geleentheid en hulle was seremonieel rein. Hulle het die paaslam vir die mense wat teruggekeer het, vir die ander priesters en vir hulleself geslag.
Afrikaans 1933/1953 Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig -- hulle almal was rein -- en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
Afrikaans 1983 Die priesters en die Leviete het hulle sonder uitsondering gereinig en almal was rein. Die Leviete het die paaslam geslag vir almal wat uit die ballingskap teruggekom het en vir hulle ampsgenote die priesters en vir hulleself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priesters en Leviete het hulle soos een man gereinig, en toe hulle almal rein was, het die Leviete die Pasgalam geslag vir al die ballinge, vir hulle ampsgenote, die priesters, en vir hulleself.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, almal was rein. Hulle het die paaslam geslag vir almal wat teruggekom het uit Babel, hulle het dit geslag vir mekaar en vir hulleself.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priesters en die Leviete het hulleself man en muis opnuut aan God verbind om alles vir Hom te doen soos Hy dit van hulle verwag. Hulle het die paaslam vir hulleself en vir die ander priesters geslag en vir almal wat teruggekom het.