Ezra 6:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar is in Achmeta, in die paleis wat in die provinsie Mede is, 'n rol gevind, en daarin was 'n kroniek, so geskrywe: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die boekrol is egter in Agmeta, ’n vestingstad in die provinsie Medië, gevind. Dit het só gelees: |
| Afrikaans 1933/1953 | En in Agm,ta, in die vesting wat in die provinsie M,dië lê, is 'n skrifrol gevind, en so was daarin geskrywe: Oorkonde. |
| Afrikaans 1983 | en in Agmeta die hoofstad van die provinsie Medië is daar so 'n geskrif gevind. Daarin het gestaan: “Proklamasie: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die vesting Agmeta, in die provinsie Medië, is 'n •boekrol gevind waarin daar die volgende geskryf staan: “'n Verslag: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het 'n boekrol gekry in Agmeta, 'n stad wat sterk mure het. Agmeta is in die provinsie Medië. Op die boekrol was daar geskryf: Hierdie is 'n besluit van die koning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was uiteindelik in Ekbatana, die hoofstad van die provinsie Medië, waar hulle op die boekrol afgekom het waarin die besluit opgeteken was. |