Ezra 6:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en by die inwyding van hierdie huis van God honderd bulle, twee honderd ramme, vier honderd lammers; en as sondoffer vir die hele Israel, twaalf bokke volgens die getal van die stamme van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By die inwyding van die tempel van God is 100 jong bulle, 200 skaapramme en 400 lammers geoffer. Hulle het ook twaalf bokramme as ’n sonde-offer vir die twaalf stamme van Israel geoffer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het geoffer by die inwyding van hierdie huis van God: honderd bulle, twee honderd ramme, vier honderd lammers en twaalf bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het met die inwyding van die tempel honderd bulle, twee honderd ramme en vier honderd lammers geoffer, en as sondeoffer vir die hele Israel ook nog twaalf bokramme, een vir elke stam van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die wyding van hierdie huis van God het hulle honderd bulle, tweehonderd ramme en vierhonderd lammers geoffer, en, in ooreenstemming met die getal stamme van Israel, ook nog twaalf bokramme as •reinigingsoffer vir die hele Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het 100 bulle, 200 skaap-ramme en 400 lammers ge-offer om daardie tempel te wy. Hulle het ook twaalf bok-ramme gebring om 'n sonde-offer te wees vir die hele volk Israel, vir die twaalf stamme. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle die tempel ingewy het, het hulle altesaam 100 bulle, 200 ramme en 400 lammers geoffer. Hulle het ook ’n offer gebring vir die sonde. Hulle het vir elkeen van die twaalf families van Israel ’n bokram geoffer. |