Ezra 6:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierdie huis was voltooi op die derde dag van die maand Adar, wat in die sesde jaar van die regering van koning Daríus was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die werk aan die tempel was klaar op 12 Maart. Dit was in die sesde jaar wat koning Darius regeer het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar; dit was die sesde jaar van die regering van koning Dar¡us. |
| Afrikaans 1983 | Die tempel is voltooi op die derde dag van die maand Adar, in die sesde jaar van die regering van koning Darius. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie huis is op die derde dag van die maand Adar in die sesde jaar van koning Darius se regering voltooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het hierdie tempel klaargemaak op die derde dag van die maand Adar, in die sesde jaar nadat Darius koning geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die bouwerk aan die tempel is afgehandel op die derde dag van die maand Adar in die sesde jaar wat Darius koning was. |