Ezra 6:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Tatnai, goewerneur aan die oorkant van die rivier, Setarbosnai en hulle metgeselle, volgens wat koning Daríus gestuur het, so vinnig gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tattenai die goewerneur van die provinsie wes van die Eufraatrivier, Setar-Bosnai en die ander amptenare het die bevel van koning Darius sorgvuldig nagekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai en hulle partygenote sorgvuldig net so gehandel soos koning Dar¡us laat weet het. |
| Afrikaans 1983 | Goewerneur Tattenai van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en hulle ampsgenote het toe gedoen presies wat koning Darius hulle beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het Tattenai, die streekgoewerneur van Wes-Eufraat, en Setar-Bosnai en hulle ampsgenote dit net so, op grond van die brief wat koning Darius gestuur het, noukeurig uitgevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Tattenai, die goewerneur van die provinsie Wes-Eufraat, en Setar-Bosnai en die ander amptenare saam met hulle het dadelik gedoen wat koning Darius in die brief gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Goewerneur Tattenai van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en die ander ampsdraers het Darius se wet na die letter uitgevoer. |