Ezra 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het ook 'n bevel gegee dat elkeen wat hierdie woord verander, hout uit sy huis moet afruk en opgerig word, moet hom daaraan opgehang word; en laat sy huis hiervoor 'n mishoop maak.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek beveel ook dat as mense hierdie bevel verontagsaam, ’n balk uit hulle huise geruk moet word. Nadat hulle aan die balk opgehang en geslaan is, sal hulle huise ’n rommelhoop gemaak word.
Afrikaans 1933/1953 En deur my word bevel gegee dat van elkeen wat hierdie bevel oortree, 'n balk uit sy huis geruk sal word, en dat hy daaraan opgehang en vasgeslaan sal word, en van sy huis hieroor 'n puinhoop gemaak sal word.
Afrikaans 1983 Ek beveel verder dat enigiemand wat hierdie opdrag oortree, deurboor sal word met 'n balk wat uit sy eie huis geruk is, en dat sy huis afgebreek moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ek gee ook opdrag dat elke persoon wat hierdie beslissing wysig, met 'n balk wat uit sy huis geruk is, deurboor en opgehang moet word. Van sy huis moet ook 'n puinhoop gemaak word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê ook dat wanneer enige iemand nie doen wat ek nou sê nie, dan moet hulle 'n balk van sy huis vat en hulle moet hom aan die balk vasslaan met spykers. Hulle moet ook sy huis afbreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek maak ook ’n wet dat enigiemand wat nie met my opdrag wil saamwerk nie, aan ’n houtbalk wat uit sy eie huis kom, opgehang moet word. Sy huis moet ’n ashoop gemaak word.